Personeel van die Bybelgenootskap neem humanitêre hulp en Bybels na stede onder hewige aanval in die Oekraïne om 'hoop te gee te midde van vrees'. Met plaaslike kerke neem hulle kos, medisyne en Bybels na huise en na bomskuilings. In een bomskuiling in 'n skool lees mense dag en nag Psalm 91. Oorlog het baie veranderinge aan die Oekraïne se Bybelgenootskap gebring, maar hulle het elke uitdaging die hoof gebied. Hul boekrakke stoor nou medisyne, en die span reis van die pad af in mediese konvooie om Bybels, Skrifgebaseerde hulpbronne, humanitêre hulp en pastorale sorg na die mees verwoeste plekke te bring. Hulle sê: 'Ons deel lewende brood en fisiese brood.'