'In hierdie tyd van onsekerheid en rebellie in baie lande as gevolg van die Covid-krisis en die beperkings wat deur ons regerings ingestel is, is dit goed om te onthou dat ons as voorbidders God moet soek vir onderskeidingsvermoë. Die wye verskeidenheid inligting en interpretasies wat ons van hoofstroommedia of ander bronne kry, kan ons net tot 'n beperkte mate help in ons voorbidding. In die eerste plek kry ons onderskeiding uit die hart van God – van die boom van die lewe, en nie deur te soek om die vrugte van die boom van die kennis van goed en kwaad te eet nie (Genesis 2:9). God se Woord bring lewe, regstelling, genesing en herstel, wat ons almal nodig het (Openbaring 22:2; Psalm 36:9). Om God se stem in hierdie tyd te hoor is belangriker as enige ander inligting. Ons moedig jou aan om jou tyd te neem – wag vir God en luister. Sy teenwoordigheid verander ons en Hy het die woorde wat ons nodig het om in te tree.'