2 500 Bybels gaan na stam wat eens sendelinge doodgemaak het

’n Afgeleë Papoea-stam het 2 500 Bybels ontvang 55 jaar nadat twee sendelinge wat hulle met die Evangelie probeer bereik het, vermoor is. Sommige Yali-stammense het 'n hele dag gestap om die Oakbisik-landingstrook in die berge van Papoea, Indonesië, te bereik om die besending Bybels in hul eie taal van Mission Aviation Fellowship (MAF) te ontvang. Nou, in plaas daarvan om vir oorlog te wag, het die Yali-kerk gewag vir meer Bybels in hul taal. Yali-stamme loop nie meer die pad van duisternis nie. Hulle pad word verlig deur die Woord van God.