Moslems red Christene van aanval

In Kenia het 'n groep plaaslike Moslems twintig, meestal Christen, konstruksiewerkers gewaarsku oor 'n aanval deur 'n jihadistiese fundamentalistiese groep. Die werkers was besig om 'n hospitaal te bou toe die Moslems hulle gewaarsku het om die terrein vinnig te verlaat en hulle gehelp het om dit te doen. Die gebied is gewoonlik baie vyandig teenoor Christene, en gelowiges wat van ander gebiede af kom vir werk of bediening staar teistering in die gesig en word voortdurend deur Al-Sjabaab-aanvalle geteiken. Bid vir God se beskerming oor diegene wat hierdie dapper stap geneem het.