Duisend Nuwe Testament vertalings!

Die duisendste Nuwe-Testamentiese vertaling, voltooi met betrokkenheid van SIL en Wycliffe Bybelvertalers, is op 11 Augustus in 'n viering in Noordwes Uganda bekendgestel. Die vertaling is vir die Keliko-mense en verteenwoordig die eerste keer dat hulle die Nuwe Testament in hul eie taal kan hoor en lees. Die Keliko, wie se tuisland in Suid-Soedan is, het van oral gereis om teenwoordig te wees. Baie het uit plaaslike vlugtelingkampe in Uganda gekom; ander het ritte van Suid-Soedan en die Demokratiese Republiek van die Kongo aangepak. Die geleentheid is bygewoon deur kerkleiers en hooggeplaastes van die plaaslike regering, asook deur internasionale besoekers van regoor Afrika, Europa en Noord-Amerika. Die vertaling verteenwoordig 'n triomf oor teëspoed. Twee keer is vertalingspogings deur burgeroorlog onderbreek. Die vertalers is Episkopale pastore, baie godvresende manne, en hulle het voortgegaan. Alhoewel SIL deurentyd tegniese en raadgewende ondersteuning verskaf het, behoort hierdie projek aan die Keliko kerk.