Christenbakkers wen Hooggeregshofstryd

Daniel en Amy McArthur van Ashers Baking Company het aan aktivis Gareth Lee gesê hulle sal nie 'n koek maak wat gay-huwelike ondersteun nie, en hulle is vir hul besluit vervolg. Na 'n langdurige regstryd oor of hulle diskriminasiewette oortree het, het die vyf hooggeregshofregters hulle eenparig op 10 Oktober onskuldig bevind. Die hof se president, Lady Hale, het gesê die McArthurs het nie teen die klant gediskrimineer deur te weier om die koek te maak nie. Hulle het geweier omdat die boodskap vir hulle aanstootlik was, nie die persoon wat die boodskap versoek het nie. Sy het gesê: 'Dit is 'n aantasting van menswaardigheid, om iemand 'n diens te ontsê weens daardie persoon se ras, geslag, gestremdheid, seksuele oriëntasie, godsdiens of geloof. Maar dit is nie wat in hierdie geval gebeur het nie.'