Irakse pastoor se wonderbaarlike ontsnapping

In 2010 het 'n Irakse pastoor wonderbaarlik 'n motorbom oorleef. 'Elke deel van my motor is vernietig behalwe my sitplek. Ek het geen skrape gehad nie. Die kar was in vlamme, maar ek het nie verbrand nie. Ek het stukke glas in my hare gekry en vier dele van die bom in die serp wat ek om my nek gehad het. Asof 'n serp 'n bom kan keer. Niks het aan my geraak nie, ek het nie eens 'n druppel bloed verloor nie.' Die pastoor weet dit was God wat hom toegelaat het om te oorleef, en hy glo God het dit gedoen omdat Hy nog werk vir hom gehad het om te doen. 'God het my ekstra tyd gegee. Hy het sy stempel op my bediening afgedruk, Hy het gesê 'Gaan aan.' God het my daardie dag bemoedig.' Pastoor Joseph getuig nou vir baie Moslems wat hulle tot Christus wend ten spyte van die dreigemente wat hulle in die gesig staar. "Ons het nuwe bloed, wedergebore nuwe gelowiges."