Gush Etzion is 'n groep gemeenskappe in die middel van die politieke kontroversie rondom Joodse nedersettings. Dit bestaan kwansuis net uit regses wat alle Arabiere as vyande beskou, maar daar is ’n heel ander kant aan die gemeenskap. Een keer per twee weke kom vragmotors op om voorrade te gaan haal wat deur plaaslike inwoners geskenk is. Die voorrade word noord geneem vir die Amalia 'engelebusse' om aan Siriese kinders oorkant die grens te versprei. Die aktiwiteit lyk soos enige ander liefdadigheidsaktiwiteit, maar die tieners wat dit organiseer is Ortodokse Jode en die ontvangers van die bokse is Arabiese vlugtelinge. Die tieners het ook Rabbi Shivi Froman, 'n inwoner van 'n ander Ortodokse gemeenskap en die stigter van 'Syrians on the Fences' (SoF) gekontak. SoF het meer as 'n miljoen sikkels ingesamel om toerusting vir Siriese kinders te koop, in samewerking met Israel Flying Aid (IFA). Froman se oorlede pa was 'n leidende Israeliese stem vir vrede en versoening met die Arabiere in die Palestynse Owerheid.