Engelse bisdom stuur dringende befondsing na Kenia

Die bisdom Chichester stuur 'n noodtoelaag van £5 000 aan die droogtegeteisterde Keniaanse bisdom Nakuru. Die bisdom, in samewerking met die Anglikaanse Kerk van Kenia se Ontwikkelingsdienste, sal voedsel en ander noodsaaklike voorrade in die gebiede wat die ergste getref is koop en versprei om 'n tragedie te voorkom. Die gebied word gereeld deur droogte geraak en het vir twee jaar nie voldoende reënval gekry nie – wat tot dood, migrasie, konflik en inter-stamme-oorloë gelei het. Die situasie het verlede Oktober vererger toe hulle geen reën in die kort reënseisoen gekry het nie. Hulle is meer kwesbaar vir droogte as gevolg van groot afhanklikheid van vee as hul lewensbron. Die aantal huishoudings wat geraak word (5 000) neem daagliks toe.