Grootste loodglasvenster ter wêreld

Die grootste loodglasvenster ter wêreld, wat tonele van Genesis tot Openbaring uitbeeld, word in Leawood, Kansas, gebou. Die gemeente by die Church of the Resurrection het etlike miljoene dollars ingesamel om die venster te bou, wat die middelpunt van hul nuwe $70-miljoen heiligdom sal wees. Meer as 160 glasruite word in Kalifornië saamgesmelt, en sal dan na Leawood verskeep word om soos 'n legkaart saamgestel te word. Pastoor Adam Hamilton wil hierdie nuwe heiligdom 'n baie heilige plek maak wat baie gesinne lok om die kerk te besoek. 'Ons hoop mense sê, ons moet gaan kyk wat daar binne is. Hulle sou van die venster by Resurrection gehoor het en gesê het kom ons gaan kyk dit want daar is niks anders soos dit nêrens in die wêreld nie.' Die nuwe heiligdom, insluitend die venster, sal vanjaar gereed wees vir die Paasnaweek.