China: Volgende generasie kom na Christus

China se volgende generasie wend hulle tot die Christendom en soek na die Kerk vir antwoorde op die lewe se groot vrae. Christenleiers hoop dat hierdie generasie hul nasie nader aan God sal bring. Vier-en-twintig miljoen mense woon in Sjanghai en 3/4 van hulle is Millennials – tussen die ouderdomme van 20 en 33. Baie sluit by die Christelike gemeenskap aan. Een studie van die Chinese Onderwysdepartement het bevind dat 62% van China se godsdienstige gelowiges tussen 19 en 39 jaar oud is. Om die maatskaplike druk te hanteer, wend hulle hulle tot spiritualiteit. 'My vriend het my eendag na werk kerk toe genooi. Dit was nuut vir my. Terwyl ek na die musiek geluister het, het ek skielik so rustig gevoel. Ek het iets spesiaals gevoel,' het Li Gang, 'n jong gelowige, gesê. 'n Ander jongmens het gesê: 'Nou, ek is 'n Christen. Ek is vir niks bang nie. Jesus is altyd by my. Ek is nie alleen wanneer ek probleme ondervind nie. Ek sal nie kerk as 'n gebou sien nie, dit beteken 'n familie vir my,'