Iemand gee om vir Malawi

Lofverslae - - 16 Nov 2013 - Print - Email

Theresa Malila het haar bediening met niks meer as 'n klein potjie olie begin nie. Sy sou na gemeenskappe aan die buitewyke van Lilongwe stap en vir diegene wat kritiek siek was, begin bid. Vandag is sy die stigter en uitvoerende direkteur van Somebody Cares, 'n liefdadigheidsorganisasie wat vroue en meisies bedien onder die armstes van die armes in 22 krotbuurtgebiede in Malawi, wat 'n bevolking van 450 000 mense dek. Sy is geaffilieer met 1500 pastore, hoofmanne in 260 dorpe en 550 vrywilligers. Op die vraag watter bestanddeel die verskil in haar werk gemaak het, antwoord sy dadelik: 'Dis die Evangelie. Dit verander lewens. Daar was 'n tyd toe ons 15 pasiënte gehad het wat elke dag aan vigs en ander siektes sterf. Vandag het ons 3 per week. Eens het ons dood en depressie geruik toe ons die krotbuurte binnegegaan het, maar vandag ruik ons oral lewe.'

Prys: God vir die geloof en pogings van Theresa wat so baie met lewe geseën het. (1Sam.26:25)

Meer: http://www.youtube.com/watch?v=f6rDfJz6DC4