Smith Wigglesworth-kerk gaan opstaan

Lofverslae - - 03 Feb 2011 - Print - Email

Bowland Street Mission, in Manningham, in Noord-Engeland, is waar die buitengewone 'mense se prediker' Smith Wigglesworth sy basis gehad het. Die terrein gaan na sy eertydse glorie gerestoureer word - en omskep word in 'n sentrum van genesing, 'n museum en koffiewinkel. Brian Holland, saam met sy vrou Kathryn, en die internasionale prediker en uitsaaier Terry Quinn is stigterslede van die Smith Wigglesworth-stigting wat 'n langtermyn-huurkontrak op die gebou ooreengekom het. Brian het gesê: 'Wigglesworth was 'n katalisator vir die charismatiese herlewing van die kerk en een van die vaders van die Pinksterkerk. Die plan is om die gebou terug te herstel na sy oorspronklike 1889-1919-ontwerp, die bloeityd van Smith en sy vrou Polly se bediening in Bradford'. Die groep beplan om aan die einde van April 2011 te open met die oorspronklike oogmerke: om te wys dat God mense ken en liefhet deur 'n genesende aanraking saam met prediking uit die Bybel.

Prys: God vir Wigglesworth se erfenis en bid dat baie meer geseën sal word in die jare wat kom. (Ps.84:11-12)

Meer: http://www.assistnews.net/Stories/2011/s11010129.htm