Roemeense sigeuners se herlewing wek hoop op verandering

Lofverslae - - 16 Mei 2013 - Print - Email

Roemenië: Die Europese Unie het die afgelope weke meer as 1 000 sigeuners gedeporteer, en die meeste word teruggestuur na Roemenië waar hulle 'n lewe van armoede en ontbering in die gesig staar. Maar Christelike groepe werk daaraan om hoop vir Roemenië se sigeuners te bring. Vir baie het dit gelei tot 'n verhouding met God. Ná jare se sendingwerk in Roemenië, het Kevin Hoy besef sigeuners het dikwels gesukkel om te vorder in die Roemeense samelewing. In 2009 het hy gesien wat baie die 'Toflea-wonderwerk' noem, waar 500 sigeuners in Suidoos-Roemenië gedoop is nadat hulle Christus aangeneem het. Dit was die grootste doop in Roemenië se geskiedenis. Honderde meer in Tileagd het vanjaar die oproep tot Christus beantwoord. Hoy bid dat herlewing binnekort die inwoners van Salard ook sal bereik. Intussen verkondig hy en sy span die evangelie – sonder woorde.

Prys: God vir Sy seën op die sigeunervolke. (Ps.80:18)

Meer: http://www.cbn.com/cbnnews/world/2010/September/Romanian-Gypsies-Find-Hope-in-Christ/