Roemenië: Sigeuners vind hoop in Christus

Lofverslae - - 29 Sep 2010 - Print - Email

Die Europese Unie het die afgelope weke meer as 1 000 sigeuners gedeporteer, en die meeste word teruggestuur na Roemenië waar hulle 'n lewe van armoede en ontbering in die gesig staar. Maar Christelike groepe werk daaraan om hoop vir Roemenië se sigeuners te bring. Vir baie het dit gelei tot 'n verhouding met God. Ná jare se sendingwerk in Roemenië, het Kevin Hoy besef sigeuners het dikwels gesukkel om te vorder in die Roemeense samelewing. In 2009 was hy getuie van wat baie die 'Toflea-wonderwerk' noem, waar 500 sigeuners in Suidoos-Roemenië gedoop is nadat hulle Christus aangeneem het. Dit was die grootste doop in Roemenië se geskiedenis. Honderde meer in Tileagd het vanjaar die oproep tot Christus beantwoord. "Wat jy besef terwyl jy rondreis, is dat so baie van die sigeunergemeenskappe glad nie vorentoe beweeg het nie," het Hoy gesê. "Hulle is presies waar hulle was, of dit nou 10 jaar, 20 jaar is - hulle het glad nie verhuis nie." (Sien ook Gebedswaarskuwing 3510 )

Prys: God vir die werk van die Heilige Gees en bid dat baie meer geseën sal word. (Gen.1:28a)

Meer: http://www.cbn.com/cbnnews/world/2010/September/Romanian-Gypsies-Find-Hope-in-Christ/