Peru: Ekonomiese en nou geestelike herlewing

Lofverslae - - 01 Aug 2013 - Print - Email

Die arm land Peru beleef 'n ekonomiese herlewing wat hul ekonomie in die afgelope dekade verdriedubbel het. Die ekonomiese front is egter nie die enigste plek waar herlewing en groei ervaar word nie. Volgens 'n Charisma News-berig is daar ook 'n vinnig-toenemende geestelike herlewing wat die Suid-Amerikaanse land omvat. Peru het gesien hoe die aantal wedergebore Christene 'dramaties' toeneem, sê die Charisma News-verslag. Die Evangeliese bevolking het glo gegroei van 'enkelsyfer tot 12,5 persent in 2007'. Vanjaar se telling van Evangeliese Christene in Peru word ongeveer 17 persent geskat, maar kan so hoog as 20 persent of hoër wees.

Prys: God vir hierdie wonderlike nuus en vir die groei van Sy mense. (Ps.85:6)

Meer: http://www.breakingchristiannews.com/articles/display_art.html?ID=12157