Paralimpian samel fondse in vir rolstoele

Lofverslae - - 16 Feb 2013 - Print - Email

Die Britse Paralimpiese Christelike rolstoelrenjaer, Anne Wafula Strike, help die liefdadigheidsorganisasie International Nepal Fellowship (INF) om fondse in te samel vir rolstoele vir kinders met serebraal gestremdheid in Nepal. Serebrale gestremdheid is die mees algemene oorsaak van gestremdheid vir kinders in Nepal. Gestremde kinders daar het nie maklike toegang tot toerusting nie en moet dikwels deur hul ouers rondgedra word. Anne het die Radio 4-appèl namens INF aangebied om fondse in te samel om geskikte rolstoele aan te koop. Sy het gesê: 'Ek moes 29 jaar wag om my eerste rolstoel te ontvang'. 'n Rolstoel kan onafhanklikheid, gelykheid en betrokkenheid by die samelewing bied, wat mense met gestremdhede die kans gee om hul lewens en die lewens van ander te verbeter.'

Lofprysing: God vir die insameling van fondse vir en bewustheid van die behoeftes van mense met fisiese en leergestremdhede. Mag hulle werk meervoudige vrugte pluk. (Ps.45:4)

Meer: http://www.inspiremagazine.org.uk/Stories/International?storyaction=view&storyid=291