Liberië: Krygsheer het berou en verander in 'n hedendaagse Paulus

Lofverslae - - 26 Jan 2012 - Print - Email

Joshua Blahyi, 'n wrede krygsheer wat erken het dat hy byna 20 000 mense doodgemaak het tydens Liberië se 14-jarige burgeroorlog, is nou 'n evangelis wat God dien en vergifnis soek van diegene wat hy benadeel het. As 'n jong seun is Blahyi as 'n stampriester geïnisieer, het hy jare lank aan menslike opofferings deelgeneem voordat hy later as 'geestelike' raadgewer van die Liberiese president aangestel is. Blahyi se lewe het 180 grade verander toe Jesus as ’n verblindende lig aan hom verskyn het en vir hom gesê het dat hy sou sterf tensy hy hom van sy sondes bekeer. Nou is 'n 'kill dokumentêr' oor Blahyi se lewe vervaardig. Blahyi het in die dokumentêr gesê: 'Dit is net Christenskap wat hierdie nasie kan help, want Christenskap, - is die enigste geloof wat vir jou sê om jou vyande lief te hê - wat vir jou sê om die een wat jou seermaak, te aanvaar en te vergewe; en dat net God in staat is om lewens om te keer.' Hy het sy misdade vryelik erken (omdat hy nie geweet het wat die gevolge sou wees nie), nou 'verkondig hy die Evangelie onvermoeid aan almal wat hy teëkom' en hy soek voortdurend vergifnis van diegene wat sy misdade geraak word.

Prys: God vir Sy wonderlike aanraking aan mense se lewens wat vergifnis en liefde bring. (Hand.2:17)

Meer: http://ausprayernet.org.au/newsletter/DisplayNewsletter.php?e_id=00000002334#st3