Twee Christelike geloofsgevangenes is 14 maande ná hul inhegtenisneming van alle aanklagte vrygespreek – en is nou veilig in ’n land buite Iran. Maryam Rustampoor en Marzieh Esmaeilabad het verlede Saterdag Iran verlaat – met 'n waarskuwing van die howe dat hulle 'ernstig aangepak sal word' as hulle ooit weer by Christelike aktiwiteite in Iran betrokke sou wees. Maryam het gesê: 'Die gebede van mense het ons deur hierdie beproewing aangemoedig en ondersteun.' Hulle is in Maart 2009 gearresteer (Prayer Alert 1609) en aangekla van 'afvalligheid' en 'verspreiding van Christenskap'. Hulle is in Teheran se Evin-gevangenis aangehou waar hulle herhaalde ondervragings en eensame opsluiting verduur het. Hulle is in November op borgtog vrygelaat. (Sien Gebedswaarskuwing 4709) Die Iranse owerhede het ook 'n egpaar van Isfahan, Hamid Shafiee en Reyhaneh Aghajary op borgtog vrygelaat na 'n groot borgtogbetaling. Hulle is aangesê om 'n toekomstige hofdagvaarding te verwag.
Prys: God vir die vrylating van Maryam en Marzieh, seën hulle met 'n vrugbare bediening en bid dat alle aanklagte teen Hamid en Reyhaneh nou teruggetrek sal word. (Ps.145:3-4)
Meer: http://www.releaseinternational.org/pages/posts/iran-maryam-and-marzieh-acquitted-free-and-now-safe-707.php