Ten spyte van vervolging, groei die Iranse kerk vinnig met meer as 300 000 Nuwe Testamente wat gedruk is en Iraniërs na Christus lei. Kerkleiers vra vir meer Bybels aangesien hulle glo grootskaalse Skrifverspreiding sal instrumenteel wees in miljoene Iraniërs om Jesus Christus te leer ken. Een kerkplanter het verlede maand 1 000 Nuwe Testamente van Elam Ministries ontvang en gesê die Nuwe Testamente is die beste manier om die liefde van Christus met die Iranse mense te deel. "Ek het persoonlik duisende uitgegee oor die laaste paar jaar en ek het net een persoon gehad wat vir my gesê het hulle wil dit nie hê nie." Hy het bygevoeg, ''n Paar weke gelede het ons getuig van 'n dame wat op die punt was om selfmoord te pleeg en ons het vir haar 'n Nuwe Testament gegee. Prys die Here sy het nie deurgegaan met haar planne nie. Bid asseblief vir haar om redding te vind en vir die vele ander in Iran wat op die randjie van selfmoord staan. Bid dat die Woord van God hulle ook sal bereik.'
Prys: God vir Bybelvertalers en vreeslose Christene in geslote lande en vra Hom om meer weë van bediening regdeur Iran oop te maak. (1Kon.8:42)