Die Moslemwêreld is kompleks. Maar van die wemelende stede van Suidoos-Asië tot die stamdorpies van Sentraal-Afrika tot die dorre woestyne van die Midde-Ooste, is daar 'n gemene deler in hoe God werk om mense na Hom toe te trek. Sendingorganisasie Pioneers het 'n videoreeks bekendgestel wat die storie vertel van hoe inheemse kerkplanting in die Moslemwêreld lyk. Die eerste een handel oor 'n stad in Indonesië waar klein groepies Moslem-soekers en nuwe gelowiges bymekaarkom om die Bybel te bestudeer, te bid en dan hul geloof in aksie te stel. In die aangesig van vervolging, geestelike oorlogvoering en armoede, bou Jesus Sy kerk.
Prys: God dat Sy Kerk aanhou groei ten spyte van die moeilikhede. (2Th.2:14)