Indonesië: 2,5 miljoen roep uit in eenheid

Lofverslae - - 25 Mei 2012 - Print - Email

Meer as 100 000 Indonesiërs het Donderdagaand by die Jakarta Nasionale Stadion gebid, terwyl gelowiges in 378 ander Indonesiese stede terselfdertyd in hul huise en kerke rondom televisieskerms gebid het via CBN Indonesia wat die geleentheid vertoon het. "Meer as 2,5 miljoen Indonesiërs het tot God geroep om Sy Heilige Gees na die nasie te stuur," het dr Bambang Widjaya van World Prayer Assembly gesê. Die gebedsaamtrek van leiers van verskeie denominasies en globale bedieninge het 'n beroep op groter eenheid onder kerke gedoen. "Daar is geweldige krag in eenheid," het Henoch Adeboye, pastoor van Redeemed Christian Church of God, gesê. Dit is daardie eenheid wat volgens die organiseerders blywende geestelike verandering in die land sal bring. Cindy Jacobs van Generals International het gesê: 'God het vir my 'n profetiese woord gegee dat as gevolg hiervan 'n nuwe sendingbeweging begin sal word wat letterlik na elke tong, stam en verwante sal gaan.'

Prys: God vir die nuwe lewe wat verlede week in Indonesië gebore is; mag eenheid in gebed en sending oor die nasies groei.(Mt.24:14)

Meer: http://www.cbn.com/cbnnews/world/2012/May/Indonesia-Believers-Cry-Out-to-God-in-Historic-Rally/