Frankryk hoor die Evangelie, of ten minste die musiek

Lofverslae - - 26 Apr 2012 - Print - Email

Terwyl voetgangers op 'n onlangse soel Sondag langs die Seine-rivier in Parys gestap het, kon hulle swewende musiek hoor kom van 'n boot wat vasgemeer is op die kaai in die Bercy-woonbuurt. Die nuuskieriges wat die metaalloopplank oorgesteek het om binne-in die vaartuig te loer, het 'n energieke sanger en 'n pianis, albei in wit geklee, en 'n baskitaarspeler en saksofonis geklee in swart gesien. Die kwartet was kunstenaars by 'n 'Gospel-brunch', die jongste voorbeeld van die gewildheid van gospelmusiek in Frankryk. Luisteraars verstaan nie altyd die woorde nie, aangesien dit in Engels is, maar hulle verstaan die emosie, volgens sommige kunstenaars.

Lof: dat die woorde en emosie in die harte en gedagtes van diegene wat hoor, sou spreek. (Joh.16:13)

Meer: http://www.eni.ch/news/