Pleegma heraangestel

Lofverslae - - 19 Jul 2010 - Print - Email

'n Christen-pleegmoeder het die reg gewen om herstel te word nadat 'n Moslem-meisie in haar sorg 'n Christen geword het. Die pleegma, wat die afgelope tien jaar na meer as 80 kinders omgesien het en 'n onberispelike rekord gehad het, is deur haar plaaslike raad verwyder wat haar daarvan beskuldig het dat sy versuim het om die meisie se godsdiens te bewaar en nie te verhoed dat sy gedoop word nie. Die betrokke Moslemmeisie was toe sestien en het op eie inisiatief besluit om 'n Christen te word. Die pleegma het gesê dat sy geen druk op die meisie uitgeoefen het nie en selfs probeer het om haar aanvanklike belangstelling te ontmoedig. Die meisie was in sorg aangesien sy met 'n gereëlde huwelik gedreig is en geweld deur haar familie in die gesig gestaar is. Gebedswaarskuwing- artikel

 

Prys: God vir verhoorde gebed en gaan voort om te bid vir Sy beskerming oor diegene wat van die Moslem-geloof bekeer. (1Tim.4:12)

Meer: http://www.christianlegalcentre.com/view.php?id=1135