Kitsvloede en 'n kragtige sikloon het vanjaar 'n tol op Australië geëis, maar te midde van hul swaarkry het baie inwoners die 'goeie nuus' gevind. Sakke van herlewing breek uit in die land en wonderwerke is aangemeld as gevolg van die gebedsbeweging 'Rise Up Australia'. Australië is eens as 'n Christelike nasie beskou, maar aggressiewe sekularisasie het veroorsaak dat baie mense koud geword het vir die Christendom. Slegs ongeveer 10 persent van die bevolking woon gereeld die kerk by, tog word 'n aantal kerke en bedieninge meer vasbeslote om vir die nasie te bid en desperaat tot God uit te roep. 'Rise Up Australia' is in 2000 begin deur pastoor Daniel Nalliah, president van Catch the Fire Ministries. Nou, meer as 10 jaar later, kom Christene bymekaar vir maandelikse gebedsbyeenkomste in 75 Australiese stede.
Lofprysing: God vir die roering van Sy Gees en die groei van gebed regoor Australië. (Ro.12:12)
Meer: http://www.openheaven.com/forums/forum_posts.asp?TID=35639&PN=1&TPN=1