Australië: Kerkleiers praat uit vir tradisionele huwelik

Lofverslae - - 18 Des 2011 - Print - Email

Twintig van Australië se senior kerk- en denominasionele leiers het die regering versoek om die definisie van die huwelik in die Australiese wetgewing te beskerm. Die gesamentlike verklaring oor die betekenis van die huwelik volg: Die huwelik is die lewenslange verbintenis en getroue verbintenis van een man en een vrou. As sodanig is die huwelik die natuurlike basis van die gesin omdat dit die verhouding tussen biologiese ouers en hul kinders verseker. As Christelike leiers wat verskillende denominasies of kerke verteenwoordig, sluit ons saam en bevestig ons gedeelde verbintenis om die huwelik te bevorder en te beskerm. Ons eer die unieke liefde tussen mans en vrouens; die lewensbelangrike plek van vaders en moeders in die lewe van kinders; en die ooreenstemmende ideaal vir alle kinders om die liefde en rolmodel van 'n pa en ma te ken. Ons doen 'n beroep op ons Regering om: hierdie definisie van huwelik in die Australiese reg te beskerm, en nie die betekenis van die huwelik te verander deur verskillende soorte verhoudings daarby te voeg nie.

Prys: God vir hierdie stand by die kerk en dat die Regering tradisionele huwelik sal beskerm. (Jer.29:6)

Meer: http://ausprayernet.org.au/newsletter/DisplayNewsletter.php?e_id=00000002315#st2