Soos vervolging toeneem, neem die verspreiding van die Skrif ook toe

Lofverslae - - 03 Des 2013 - Print - Email

Die Verenigde Bybelgenootskap het 'n skerp toename in die aantal Christelike Geskrifte wat versprei word in sommige van die lande waar gelowiges die hoogste vlakke van vervolging gely het, gerapporteer. Statistieke dui daarop dat Christenskap die mees vervolgde godsdiens ter wêreld is en Barones Warsi het onlangs opslae gemaak toe sy gewaarsku het dat Christenskap in die Midde-Ooste uitgewis kan word. (Sien Gebedswaarskuwing 47-2013) Onlangse syfers wat deur Bybelgenootskappe regoor die wêreld vrygestel is, dui egter daarop dat meer Christelike Geskrifte as ooit tevore in 2012 versprei is. Wêreldwye Skrifverspreiding het van net meer as 381 miljoen in 2011 tot meer as 405 miljoen in 2012 gestyg ; 'n styging van 6%. Van die 405 miljoen wat versprei is, was 32,1 miljoen heel Bybels, wat ooreenstem met 2011 se rekord-brekende jaar van Bybelverspreiding. Verbasend genoeg was die hoogste toename in Sirië, met meer as agt keer meer Skrifgedeeltes wat deur die Bybelgenootskap, deur 'n netwerk van kerkvrywilligers, in 2012 as 2011 versprei is; 163 000 in totaal verlede jaar.

Prys: God dat sy Woord steeds spreek en lewe bring. (Deut.32:2)

Meer: http://www.christiantoday.com/article/as.persecution.increases.so.does.the.distribution.of.scripture/34814.htm