SAT-7: SAT-7 vier 15 jaar van die uitsaai van Christelike programme regoor die Midde-Ooste en Noord-Afrika. Die bediening het begin as 'n enkelkanaalformaat, maar het oor die jare onverwagse sukses geniet en saai nou SAT-7 Arabic, SAT-7 Pars, SAT-7 Kids en SAT-7 Turk uit. Tot en met SAT-7 se eerste uitsending op 31 Mei 1996, het vrees vir regeringsvergelding beteken dat die media grootliks buite perke vir die Arabiese Christelike gemeenskap was. Rita El Mounayer, Uitvoerende Direkteur vir SAT-7 se drie Arabiese kanale sien 'n voortdurende honger in die Midde-Ooste en Noord-Afrika na SAT-7 se holistiese en opbouende programmering. "Ons is baie opgewonde oor ons programme en die mense wat dit maak - mense wat 'n werklike verskil in die lewens van ons kykers wil maak," het sy gesê. Die 15de herdenking val saam met die Arabiese Lente wat oor die Midde-Ooste en Noord-Afrika spoel.
Prys: God vir die seëninge wat SAT-7 aan die Arabiese wêreld gebring het. (Jes.44:3)