10 000 Egiptiese jongmense kom in die woestyn bymekaar om te aanbid

Lofverslae - - 27 Okt 2012 - Print - Email

Vroeër hierdie maand het sowat 10 000 Christen-jongmense vir drie dae van regoor Egipte gekom om die Here te aanbid en God se seën vir hulle land te soek. Die aanbidders, meestal tussen die ouderdomme van 13 tot 30, het elke aand van 10 uur in die oggend tot 8 uur bymekaargekom. Baie het honderde kilometers na die aanbiddingsplek in die middel van die woestyn noord van Kaïro gereis. 'Om tussen meer as 10 000 jongmense te sit, saam met hulle te aanbid in 'n brullende heilige geraas, na kragtige en uitdagende boodskappe te luister en te bid vir God se kragtige teenwoordigheid in ons lewens; regtig, dit is moeilik om in woorde te beskryf,' sê 'n Christenleier. 'Om heel agter in die klein sokkerstadion te sit, het my 'n goeie uitsig oor die toneel gegee. Duisende het aan my regterkant gesit, duisende aan my linkerkant en duisende meer in die middel. Skaars leë gapings!'

Prys: God vir hierdie byeenkoms en mag Hy almal seën wat dit bygewoon het. (Gen.28:3)

Meer: http://www.opendoorsusa.org/press/press-release/2012/Oct/10000-Young-People-Gather-In-Desert-to-Worship-God