God onder die klubgangers

Elke jaar trek duisende jongmense uit na die sonnige kus van Ibiza (Baleariese Eilande, Spanje) vir die superklubs, goedkoop drank en seks. Lucy Hardy van die VK het ook haar laaste paar somers op die hoofstrook in Ibiza deurgebring, maar sy is nie jou gemiddelde vakansiepartytjiedier nie. Sy werk saam met Third Space Ministries, 'n organisasie wat God se liefde deel in plekke soos nagklubs, gimnasiums en koffiewinkels. Ibiza is die klubhoofstad van Europa. In die middel van San Antonio, die hoof klubstrook, het Christene 'n plek van gebed en uitreik gevestig. Hulle is elke aand tot in die vroeë oggendure aan diens. 'Een groep sal op straat uitgaan en een groep sal in die gebedskamer bly,' verduidelik Lucy. "Ons loop twee-twee in die hoof-klubstrook rond en bid: God, na wie spesifiek wil jy hê moet ons gaan?" Dit lei gereeld tot wonderlike ontmoetings.

Prys: God vir almal wat geroep is om uit te reik na die klubgangers in Ibiza. (Ps.18:16)

Meer: http://www.thirdspaceministries.co.uk/blog/