Na die ingryping van die Christian Legal Centre, het die stadsraad van Gloucester 'n verklaring uitgereik waarin hy om verskoning gevra het dat hy 'n Christelike groep gekeer het om pamflette uit te deel en erken dat dit verkeerd was om hulle te keer. Die verskoning volg op die dreigement van regstappe nadat die stadsraad van Gloucester aan 'n groep Christene gesê het dat hulle nie Christelike lektuur in die dorp se middestad kan versprei nie. Die traktaatjies is verlede maand tydens 'Bybeldag Gloucester' deur lede van ten minste tien stadskerke uitgedeel. Andrea Minichiello Williams, uitvoerende hoof van die Christian Legal Centre, wat die groep ondersteun, het gesê: 'Dit is 'n oorwinning vir vrye spraak. Gloucester Stadsraad moet geloof word vir die omkeer van hul besluit om die verspreiding van Christelike lektuur te verbied. Die Christelike Evangelie gaan alles oor vryheid en vryheid is in Gloucester gehandhaaf. Soveel van wat ons as 'n nasie waardeer, spruit uit die leringe van Jesus.'
Prys: God vir die verandering van hart deur Gloucester Stadsraad. (Spr.92:1)