Kruisbeelde kan in skoolklaskamers regoor die Europese Unie vertoon word, het die Hof vir Menseregte beslis. Die besluit het 'n vorige beslissing omgekeer dat die kruisbeeld die regte van nie-Katolieke leerlinge kan skend. Die saak is aanvanklik in Italië aanhangig gemaak deur Soile Lautsi, 'n Fins-gebore ma wie se twee kinders 'n staatskool bygewoon het en beswaar gemaak het dat kruisbeelde in elke klaskamer teenwoordig is. In November 2009 het die hof in Straatsburg hom aan die kant van mev Lautsi geskaar en beslis dat die teenwoordigheid van godsdienstige simbole die kinders se reg op sekulêre onderwys en tot 'vryheid van denke, gewete en godsdiens' skend. In Vrydag se finale uitspraak het die hof beslis dat 'terwyl die kruisbeeld bowenal 'n godsdienstige simbool was, daar geen bewyse voor die hof was dat die vertoon van so 'n simbool op klaskamermure 'n invloed op leerlinge kan hê nie'. Die uitspraak sal bindend wees vir al 47 lande wat lede is van die Raad van Europa, die vasteland se menseregtewaghond. (Sien Gebedswaarskuwing 4509)
Prys: God vir hierdie uitspraak en antwoord op gebed. (Spr.25:11)
Meer: http://www.telegraph.co.uk/news/religion/8391092/Crucifixes-can-be-displayed-in-EU-schools.html