Misdaad daal na Street Pastor patrollies

Gewelddadige aanrandings in Northampton het met sowat twee derdes gedaal nadat kerkvrywilligers die strate ingevaar het. Die vrywilligers, bekend as Street Pastors, werk sedert 2008 in samewerking met plaaslike polisiebeamptes, en in die twaalf maande tot Maart vanjaar was daar slegs 38 gewelddadige voorvalle aangeteken. Dit is 'n aansienlike daling vanaf die vorige jaar toe daar 110 aangetekende gewelddadige voorvalle was. Ds Mark Lees, die plaaslike argitek van die nasionale skema, het gesê: 'Ek dink dit is gerusstellend vir mense om iemand anders daar te sien wat duidelik betrokke is en omgee.' Vroeër vanjaar is dit aan die lig gebring dat gebed en die werk van die Street Pastors Devon en Cornwall-polisie gehelp het om misdaad te takel. Kerkgangers in die Barnstaple-omgewing is gevra om te bid dat misdaadopsporingsyfers, wat toe op 26 persent was, sal styg. En in Februarie is dit aan die lig gebring dat die opsporingsyfers tot 40 persent gestyg het, een van die hoogste in die land. (Sien ook Gebedswaarskuwing 0910)

Prys: God vir die manier waarop Hy Sy mense in gebed en praktiese optrede gebruik om veranderinge aan te bring wat die gemeenskap transformeer. (1Kr.29:10-11)

Meer: http://www.christian.org.uk/news/crime-drops-after-street-pastor-patrols/