Raad weier skootdanslisensie

Verlede Woensdag het Bedford Council 'n aansoek wat namens die 'Saints and Sinners'-nagklub gedoen is, van die hand gewys om skootdans/seksvermaak op die tweede verdieping van sy lokaal toe te laat. Die Raad het die aansoeker se voorstelle verwerp op grond daarvan dat so 'n lisensie op daardie plek onvanpas sou wees. Plaaslike sake-eienaars en inwoners, ondersteun deur die Christian Legal Centre, het aangevoer dat so 'n lokaal nie geskik is in 'n area waar daar skole, kerke, winkels en huise is nie. Meer as 1 000 briewe van beswaar is voor die verhoor deur die Raad ontvang. Die bevinding het getoon dat dit moontlik is om skootdans-/seks-vestigingslisensies suksesvol uit te daag en dat rade bewus is van die werklike risiko's en nadele om 'n seksklub toe te laat om in middestad te funksioneer.

Prys: God vir die uitkoms vir die mense van Bedford. Mag dit ander gemeenskappe aanmoedig om beswaar teen soortgelyke aansoeke te maak. (Ps.106:3)


Meer:
http://www.christianconcern.com/our-concerns/social/council-refuse-lap-dancing-licence-for-bedford