Die Parlementêre Vergadering van die Raad van Europa het vandeesweek 'n resolusie aanvaar waarin 'n beroep op sy 47 lidlande gedoen word om godsdienstige oortuigings in die openbare sfeer te akkommodeer. Die resolusie vra lidlande om vryheid van denke met betrekking tot gesondheidsorg, onderwys en die staatsdiens te waarborg 'met dien verstande dat die regte van ander om vry van diskriminasie te wees gerespekteer word en dat die toegang tot wettige dienste gewaarborg word'. Die resolusie is Woensdag met 148 stemme teen drie aangeneem. Dit het ook 'n beroep op state gedoen om 'die reg op goed gedefinieerde gewetensbeswaar met betrekking tot moreel sensitiewe aangeleenthede te verseker'. Die Christian Legal Centre, het die uitslag verwelkom. Die voorspraakgroep het onlangs die Europese Hof vir Menseregte gevra om 'n verhoor by die Groot Kamer toe te staan oor die sake van twee Britse Christene wat vroeër vanjaar hul diskriminasie-eise verloor het.
Prys: God vir die besluit deur die Raad van Europa en bid vir die uitwerking daarvan. (Jak.2:12)