China: Christelike geloof plus Chinese produktiwiteit

Met die eerste oogopslag lyk dit of dit enige ander fabriek kan wees wat die vinnige ontwikkeling van die Chinese ekonomie aandryf. Maar dit is geen gewone onderneming nie, want hier is godsdienstige geloof so belangrik soos wins. Trouens, die eienaar van die Boteli Valve Group in Wenzhou wil graag sien dat al sy personeel hulle tot die Christendom bekeer. En so 'n fabriek is nie 'n eenmalige nie: dit is deel van 'n groeiende aantal besighede wat deur Christelike entrepreneurs bestuur word wie se sukses nou deur die Chinese regering bestudeer word. Elke Maandagoggend kom die senior bestuurders bymekaar en bid oor die besigheid. Een keer per week word personeellede aangemoedig om 'n Christelike gemeenskapsbyeenkoms op die terrein by te woon, waar hulle die Bybel lees en vir mekaar bid.

Prys: God vir hierdie ontwikkeling en bid dat hierdie voorbeeld tot baie meer sal lei. (Mt.25:20)

Meer: http://www.bbc.co.uk/news/world-asia-pacific-10942954