China: 6 000 mure van gebed

'Die Wêreldgebedsbyeenkoms in Mei in Indonesië was die belangrikste internasionale gebedsbyeenkoms waarvan ek nog deel was,' sê Brian Mills van die International Prayer Council, 'n samewerkende netwerk van gebedsbewegings regoor die wêreld. As een van sy persoonlike hoogtepunte noem hy die Gebedstoring in Sentul City, waar Indonesiese gelowiges 24-7 deur die jaar bid. "Elke keer as ek daar inkyk, het honderde gebid," sê Mills. "En dit is maar een van die honderde gebedstorings regoor Indonesië." Dit het ook die 600 sterk Chinese afvaardiging geïnspireer. "Die Chinese is diep geraak deur God se Gees," berig Mills. 'China stig 6 000 huise van gebed, wat hulle Mure van Gebed noem. Een bediening alleen het 'n 726% toename in die aantal mense wat na Christus gekom het in die afgelope sewe jaar gesien vergeleke met die vorige sewe jaar, en dit het gebeur vandat hulle gebed begin beklemtoon het.' Bron: IPC Connect nuusbrief.

Prys: God vir die groei van Sy kerk in China. (1Kon.8:29)

Meer: www.wpa2012.org