Gewapende geskille openbaar Irakse Christene se onenigheid

Wêreldwyd - - 18 Aug 2017 - Print - Email
Gewapende geskille openbaar Irakse Christene se onenigheid

Op 6 Augustus het Patriarg Louis Sako, hoof van die Galdees-Katolieke kerk, 'n beroep op Irakse Christene gedoen om onder een vaandel te verenig en verby hul verskillende politieke affiliasies en verskillende leerstellings te werk. In sy verklaring, uitgereik nadat twee gewapende Christelike faksies in die Nineve-vlaktes gebots het, het hy gesê dat Christelike politieke partye en gewapende faksies 'in 'n groot mate verantwoordelik is vir die lyding en wanorde waarin Christene leef'. Hy het bygevoeg, 'Ons glo dat 'n groot deel van hierdie beproewing self toegedien is en veroorsaak word deur partye se verdeeldheid, hul ondergeskiktheid (aan Sjiïtiese en Koerdiese groepe), en hul versuim om pogings en geledere te verenig en 'n verenigde besluit te neem. ' Interne Christelike verdeeldheid bestaan al lank, maar dit het verdiep toe 'n aantal gewapende Christelike faksies gevorm het nadat IS Christelike gebiede in die Nineve-vlaktes oorgeneem het.