Saoedi-Arabië: Hajj - 30 Augustus tot 1 September

Wêreldwyd - - 18 Aug 2017 - Print - Email
Saoedi-Arabië: Hajj - 30 Augustus tot 1 September

Elke jaar voltooi twee tot drie miljoen Moslems die Hajj na Mekka. Diegene wat dit gedoen het, voeg die titel 'hajji' by hul name. Jesus het vir mense gesê: 'Julle sondes is vergewe.' Dieselfde begeerte vir vergifnis van sondes word op baie blogwebwerwe gevind, waar Moslems vra of die Hajj hulle sal reinig van klein algemene sondes en groot ernstige sondes. Hulle word vertel dat hulle begeerte vir vergifnis deur Allah toegestaan sal word as hulle Hajj opreg en behoorlik uitvoer. Johannes die Doper het belowe dat Jesus die sondes van die wêreld wegneem. God het Jesus aangestel om regter van lewendes en dooies te wees. Bid dat die Moslems wat die hele nag wil wakker bly om te bid drome en visioene van die Here Jesus Christus sal hê. Bid dat hulle bonatuurlike openbaring sal hê van die waarheid dat almal wat in die Here Jesus Christus glo vergifnis van sondes ontvang.