Spanning neem toe namate Zimbabwe sy verkiesing (wat op 31 Julie moet wees) nader. Vorige verkiesings het daartoe gelei dat die ekonomie in duie gestort het, kritieke voedseltekorte en geweld. Soos 31 Julie naderkom, vrees baie dat dieselfde kan gebeur. Daar is konflik tussen die twee voorste partye die verkiesingsdatum en politieke verandering kan die land skud. Kerke is gevra om vir Zimbabwe te bid dat vrede en stabiliteit in Zimbabwe gevind sal word en dat daar geen geweld sal wees nie. Die koalisieregering het hoop gebring en die ekonomie het effens herstel, maar daar is 'n groter gaping tussen ryk en arm. Die land is onstabiel. Kerke is gevra om te bid dat Zimbabwe 'n punt sal bereik waar mense veilig is en nie in armoede leef nie. Evangelical Alliance Viva se beskermheer Eerw Stephen Gaukroger het gesê: 'Ons doen 'n beroep op Britse kerke om Zimbabwe 'n fokus vir gebed te maak in hierdie kritieke tyd.'
Bid: teen geweld en vrees en vir vrede en stabiliteit. Bid dat die kinders kan grootword met die wete dat hulle 'n toekoms en 'n hoop het. (Ps.9:3-4)
Meer: http://www.eauk.org/church/stories/churches-asked-to-pray-for-zimbabwe.cfm