Zimbabwe: Biskoppe waarsku teen oorhaastige verkiesings

Verlede maand het talle ondersteuners van Tsvangirai se party in kerke geskuil nadat hulle deur militante ondersteuners van Mugabe se party aangeval en uit hul huise gedwing is. Die werk van die kompromie-regering is gekenmerk deur bakleiery oor die toekenning van sleutel-staatsposte. Die strewe om mense se sienings oor die nuwe grondwet in te samel, is verskeie kere ontwrig deur gewelddadige botsings tussen die twee hoof politieke partye. Katolieke biskoppe het gewaarsku 'Toestandighede in die land is nie bevorderlik vir verkiesings in 2011 nie. Ons glo om verkiesings in hierdie stadium te hou sal gevaarlik voortydig wees.' Die biskoppe is van Angola, Botswana, Lesotho, Mosambiek, Namibië, Sao Tome en Prinsipe, Swaziland, Suid-Afrika en Zimbabwe. Die verklaring is op 22 Februarie vrygestel.

Bid: dat voorvalle van geweld afneem, 'n einde aan vrees, dat verkiesings veilig in God se tydsberekening sal voortgaan. (Jes.9:6)

Meer: http://www.eni.ch/featured/article.php?id=4739