Viëtnam: Amptenare stoot Bybelskool af

Om 07:00 Viëtnamese tyd het sowat 500 polisie, soldate en brandweerbeamptes met stootskrapers by pastoor Quang se skool opgedaag en die eiendom afgebreek. Pastoor Quang, (een van die sogenaamde 'Mennoniet Ses' wat in 2004 in die tronk gesit is) word tans op 'n onbekende plek aangehou nadat hy met knuppels geslaan is 'totdat hy flou geword het'. Twintig leerlinge van die skool is ook in hegtenis geneem en ondervra. Die polisie wat spesiaal uit die Sentraal-Hoogland-streek opgeroep is, was byderhand om studente terug na hul provinsies te begelei. Montagnard Christene uit hierdie streek maak 'n groot deel van die Mennonitiese Kerk in Viëtnam uit. Pastoor Quang se vrou, Phu Dung Le, en sy drie kinders is veilig. Leiers en Bybelkollegestudente wat met Pastoor Quang verbind word, het sedert Oktober onder intense druk van amptenare gekom om hul verbintenis met die Mennonitiese kerk prys te gee.

Bid: dat God diegene wat in hegtenis geneem is in Sy volmaakte vrede sal hou en die betrokke amptenare sal aanraak deur die getuienis van die Christene. (Mal.1:4)

Meer: http://www.releaseinternational.org/pages/posts/vietnam-officials-bulldoze-bible-school-and-beat-beleaguered-pastor-unconscious-775.php