Viëtnam: Huiskerk-aanvalle

'n Bende jeugdiges het 'n huiskerk aangeval terwyl die gemeente aan Viëtnam se suidelike sentrale kus aanbid het. Die jeugdiges het die mure van die huis stukkend geslaan en verwoesting in die binneste gesaai en teen die evangelis Mang Vuong uitgespreek omdat hy 'n Christen is en sy huis gebou het om 'n huiskerk te wees. In Viëtnam is 'n algemene benadering vir kerkuitbreiding om 'n ruim huis te bou vir 'n evangelis om ook as 'n ontmoetingsplek te dien. Die evangelis se huis was amper voltooi toe dit verlede maand die eerste keer aangeval is, en op 10 Junie is dieselfde jeugdiges deur plaaslike owerhede aangespoor om by Vuong se huis in te breek en meer as $3 000 te steel en meubels, gereedskap en boeke te vernietig. Vuong, wat vir die Evangeliese Kerk van Vietnam werk, het doodsdreigemente ontvang. 'n Petisie wat aan distriks- en provinsiale amptenare gestuur is, het verklaar dat dit leiers van die Kommunistiese Party was wat die jeugdiges met drank gepluk het en hulle dan aangehits het om die evangelis se huis aan te val.

Bid: dat die Christelike gemeenskap sal reageer met Christus-agtige liefde en vergifnis. (1Pe.3:9)

Meer: http://www.compassdirect.org/english/country/vietnam/23120/