VSA: San Antonio mag Christene uit die regering verbied

Die stadsraad van San Antonio is besig om die verhoog te skep vir 'n ongekende aanval op godsdiensvryheid, veral vir Christene. Die Stadsraad oorweeg 'n ordonnansie om 'seksuele oriëntasie' en 'geslagsidentiteit' by die diskriminasie-ordonnansies in die stadskode te voeg. Die voorstel sal enigiemand wat al ooit homoseksualiteit teenstaan (bevooroordeeld deur woord of daad) verbied om by stadsregering betrokke te wees en/of 'n stadskontrak/subkontrak uit te voer. Die voorgestelde ordonnansie bied geen vrystellings vir godsdienstige oortuigings oor homoseksualiteit nie, selfs oortuigings wat in die kerk uitgedruk word. Die Christendom is al meer as tweeduisend jaar lank duidelik oor sy leer dat homoseksualiteit 'n sonde is, 'n afwyking van God se unieke ontwerp van mans en vroue. Beide die Ou en Nuwe Testament getuig van hierdie standpunt. Dit maak die waarskynlike gevolge van hierdie voorgestelde verordening duidelik om te sien - 'n algehele verbod van Bybelgelowige Christene en geloofsgebaseerde besighede om aan die stadsregering deel te neem. Sien ook: http://txvalues.org/wp-content/uploads/2013/07/SA-Ordinance.pdf

Bid: dat godsdiensvryheid in San Antonio en regoor die Verenigde State van Amerika gehandhaaf word.

Meer: http://www.citizenlink.com/2013/07/31/commentary-san-antonio-looks-to-ban-christians-from-city-government/