VSA: Selfdegeslaghuwelik

Die Koalisie van Afro-Amerikaanse Pastore het Maandag geëis dat president Obama met die groep vergader om sy standpunt oor selfdegeslaghuwelike aan te spreek. Tot dusver het die Wit Huis geweier om die groep se versoek te erken, maar leiers sê hulle beplan om 'die hitte te verhoog' deur swart Christene te vra om vir eers op die politieke kantlyn te sit. "Ons het 'n vergadering met president Obama versoek en totdat hy met ons vergader, gaan ons swart Christene vra om hul ondersteuning te weerhou totdat hy persoonlik ons bekommernisse hoor," het ds Bill Owens gesê. 'Meer as enigiets is dit 'n kwessie van Bybelse beginsels en president Obama voer ons nasie op 'n gevaarlike pad. Baie Afro-Amerikaners was eens trots op ons president, maar nou is baie skaam oor sy optrede. Ons kan nie meeding met die Hollywood-mense wat die groot geld vir die president insamel nie. Maar dit was swart mense wat in 2008 om hom saamgetrek het'

Bid: dat president Obama God se stem sal hoor gespreek word deur die tienduisende swart Amerikaanse Christene van baie denominasies. (Heb.13:7)

Meer: http://www.worthynews.com/top/christianpost-com-news-black-pastors-lay-down-gauntlet-to-obama-over-same-sex-marriage-77596-/