VSA: Hulp nodig vir tornado-slagoffers

Verlede week het 'n tornado-uitbraak van 440 waarskuwings in vyf state 39 mense doodgemaak en hele townships heeltemal platgetrek. Meteoroloë sê dit kom net een keer elke 10 of 20 jaar voor. Die Heilsleër het Noodrampdiensspanne vanaf die nabygeleë New Albany na die erg beskadigde dorp Henryville in Clark County gestuur, waar mobiele kantiene opgerig is. Nog 'n span verskaf kos vir 200 mense by die Rooi Kruis-skuiling in Charlestown. In Washington County verskaf hulle kos vir byna 400 slagoffers. Die Heilsleër beoordeel wat nodig is en bied ondersteuning aan die slagoffers van hierdie storms, en glo dat hulle vir 'n lang tyd in behoeftes sal voorsien.' Vader Schaftlein in Henryville, 'n dorp wat ernstig geraak is, het gesê: 'Alhoewel die reaksie om hulp te verleen aan daardie mense wat geraak is beduidend was, sal dit noodsaaklik wees om daardie uitreik oor 'n paar maande te handhaaf.'

Bid: vir uitstekende kommunikasie tussen die verskillende diensverskaffers, wat vinnige, suksesvolle en toepaslike hulp moontlik maak waar dit ook al nodig is. (Fil.4:19)

Meer: http://www.christiantoday.com/article/salvation.army.aids.tornadoaffected.communities/29423.htm