VSA en Midde-Ooste: Skuldvrese

Die kongres is verdeeld te midde van waarskuwings van gevare vir die wêreldekonomie. Die finansiële krisis het verdiep nadat president Barack Obama en Huisspeaker, John Boehner, mekaar daarvan beskuldig het dat hulle versuim het om te onderhandel om 'n ongekende skuldwanbetaling vroeg volgende week te voorkom. Hoofde van die Internasionale Monetêre Fonds en kredietgraderingsagentskappe soos Standard & Poor's en Moody's het gewaarsku dat hulle die Verenigde State se topkredietgradering sal afgradeer as 'n ooreenkoms nie teen Dinsdag bereik word nie. Ook op Dinsdag sal die Arabiese Liga op versoek van president Mahmoud Abbas in Kaïro vergader weens 'n finansieringskrisis wat veroorsaak dat hulle nie werknemers se salarisse kan betaal nie. 'n Befondsingskrisis wat die Wesbank-regering verlam is te wyte aan die beloofde hulp deur die Arabiese Liga wat nie realiseer nie. PA-personeel ontvang halfloon totdat fondse opdaag, indien die krisis voortduur, sal die regering bykomende besparingsmaatreëls tref. Sien http://english.aljazeera.net/news/americas/2011/07/2011726172640853156.html

Bid: dat God sy wysheid sal gee aan die nasies wat verkies het om bo hul vermoë te spandeer. (Spr.21:1)

Meer: http://english.aljazeera.net/news/americas/2011/07/2011726172640853156.html