Uganda: Pastoor vergewe Moslem-aanvallers

'n Ugandese pastoor, wat die slagoffer was van 'n suuraanval deur Moslems, het aan International Christian Concern (ICC) gesê dat hy nie sy Moslem-aanvallers haat nie en wil hê dat hulle in Jesus Christus moet glo. 'My boodskap aan my aanvallers is eenvoudig, ek koester geen wrok teen hulle nie. Hulle het my die dood toegewens, maar ek wens hulle vandag en vir ewig die lewe toe in Christus Jesus ons Here,' het pastoor Umar Mulinde in sy verklaring aan ICC gesê. Pastoor Mulinde was 'n Moslemleier voordat hy tot die Christendom bekeer en 'n kerk begin het. Hy het baie Moslems suksesvol na Christus gebring en het openlik die oproep om Sharia-wetgewing in Uganda teengestaan. Hy is verlede Kersfees aangeval en ontvang tans mediese sorg in Israel. Pastoor Umar se boodskap aan Christene regoor die wêreld het gewaarsku teen die gevaar van radikale Islam, 'Die visie van Islam gaan alles oor wêreldoorheersing en geen land behoort te dink dat hy veilig is van radikale Islam nie.'

Bid: dat die vervolgde Kerk in Afrika en die Midde-Ooste God se voorsiening sal ervaar (Ps.17:8-9) en in staat sal wees om diegene wat hulle haat, te vergewe. (Luk.6:27-31)

Meer: http://blog.godreports.com/2012/08/pastor-hit-with-acid-attack-forgives-muslim-attackers/#more-2001