Uganda: Sendelinge beseer in bomontploffing

Bid asseblief vir ses beseerde sendelinge van Pennsilvanië en die families van die 74 mense wat verlede Sondag in 'n bomontploffing dood is terwyl hulle na die Wêreldbeker-sokkertoernooi by 'n restaurant in Kampala gekyk het. Vyf van die sendelinge het 'n operasie nodig gehad voor hul verwagte terugkeer na die VSA hierdie naweek. Kampala-polisiehoof het gesê hy glo dat Somalië se mees gevreesde burgermag - al-Shabab, wat lojaliteit aan Al-Kaïda beloof het - moontlik agter die aanvalle kan sit.

Bid: dat God almal wat vasgevang is in die ontploffing spesiaal naby Hom sal hou in hierdie tyd. (Ps.91:1-2)

Meer: http://uganda2010.editme.com/