Turkye: Vrae en antwoorde

V- Gaan die onluste oor bome of iets anders? A- Betogers blaas opgekropte wrok teen die Eerste Minister uit. Baie sekulêre Turke sien hom as 'n outoritêre figuur wat sy konserwatiewe godsdienstige Islamitiese sienings op hulle afdwing. Hy het hom uitgespreek teen keisergeboortes; gesê vroue moet ten minste drie kinders hê en ondersteun wette om die verkoop van alkohol te bekamp. V- Waarom moet ander nasies omgee vir Turkye? A- Turkye is 'n grootliks Moslem-nasie wat oor Europa en Asië lê, dit is 'n stabiele demokrasie, 'n belangrike Amerikaanse bondgenoot en 'n belangrike streeksinvloed wat tienduisende Siriese vlugtelinge akkommodeer. V- Sal Turkye 'n Arabiese Lente-rewolusie sien? A- Turkye hou volgende jaar 'n presidensiële verkiesing waarin die huidige premier gesteun sal word deur landelike konserwatiewe kiesers (die stille meerderheid). Die dogter van Kanadese sendelinge in Turkye het egter berig dat die 240 000 mense wat teen die regering betoog, meestal jong mense is wat verandering soek. . Sien http://blog.godreports.com/2013/06/protests-spread-in-turkey-christian-ministry-calls-for-prayer/

Bid: die huidige situasie sal 'n vreedsame einde bring aan die 'sagte Islamisering' van die Turkse samelewing. (Ps.72:14)

Meer: http://abcnews.go.com/International/wireStory/turkey-widespread-protests-19376657#.Ubg-Wpwptr8